Nuwe program vir wildmisdaad, -konflik van stapel gestuur

Die Namibiese ministerie van die omgewing sal môre sy nuwe plan vir mens-dier konflik en wildmisdaad van stapel stuur. Volgens ‘n verklaring deur die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda, word ‘n nuwe geïntegreerde program, wat kyk na beide konflik met wilde diere en wildmisdaad in verskeie brandpunte regoor die land, geïmplementeer. Dit word saam met die VN se ontwikkelingsprogram uitgevoer. Die program poog om bewaring te bevorder deur beter voordele vir gemeenskappe wat saam met wilde diere bestaan moet voer, te lewer. Die program word in die Kunene-streek, die gebied van die Etosha Nasionale Park en die noordoostelike dele, wat die Bwabwata Nasionale Park insluit, uitgerol.