Vandalisme van kraginfrastruktuur duur voort

Die vandalisme aan kraginfrastruktuur in Suid-Afrika blyk om geen einde te hê nie. Die Stad Tshwane doen nou ‘n beroep op inwoners om te help in die stryd teen daaglikse voorkoms daarvan. Noodsaaklike infrastraktuur is by die Nellmapius-substasie gesteel terwyl daar ook ‘n inbraak was by die Mahube-vallei-substasie in Mamelodi. Misdadigers het na bewering gesweisde deure oopgebreek, toerusting gevandaliseer en paneeldeure gesteel. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, moedig inwoners aan om enige misdadige of agterdogtige bedrywighede te rapporteer: