Cyril-miljoene: Nam-owerhede sê ANC-regering het dit destyds ontken

Inligting wat verkry is deur amaBhungane, ‘n ondersoekende joernalistieke groep wat Namibiese media insluit, dui op ‘n toesmeerdery van die 2020-diefstal van sowat 4 miljoen Amerikaanse dollar in kontant vanaf President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas in Limpopo. Yanna Smith het die besonderhede.

Daar word beweer dat die ANC-regering die voorval ontken het omdat Rhamaposa dit moeilik sou vind om die kontant in sy huis te verduidelik.