Mercedes herroep 1m voertuie – dalk joune ook?

Die Duitse Mercedes-groep herroep meer as ‘n miljoen van sy voertuie na daar bevind is dat korrosie op die rempedaal moontlik daartoe kan lei dat remme heeltemaal ingee. Die voertuie, wat modelle is van 2004 tot 2015, is almal van die ML en GL sportnutsvoertuie. Van die 993 000 voertuie wat herroep word, is net 70 000 in Duitsland en die res is wêreldwyd versprei. Die maatskappy sê ‘n skielike remaksie, gepaard met korrosie op die pedaal se stelsel kan veroorsaak dat die remstelsel faal.