Officeconomix Goodwill Challenge ‘n reuse-sukses

Die Hage Geingbob-stadion in die hoofstad was Saterdagmiddag stampvol rugbyondersteuners wat vir die eerste keer in ‘n lang tyd, lekker rugby kon geniet. Die Officeconomix Goodwill Challenge, wat ‘n Vyftiental Blou Bull-span teen die Welwitschias aangebied het, was ‘n baie groot sukses. Jonger spelers het in beide spanne deelgeneem en die wedstryd het 47-12 in die guns van die Blou Bulle geëindig. Die Welwitschias kaptein Prince !Gaoseb het met Kosmos 94.1 Nuus net na die wedstryd gepraat.

En die Blou Bulle se kaptein, Muller Uys, sê dit was ‘n voorreg om deel te wees van ‘n wonderlike dag.