Koningin drink tee met Paddington tydens rock-konsert

Koningin Elizabeth het ‘n verrassing-verskyning gemaak in ‘n komedieskets met Paddington Bear tydens ‘n sterbelaaide Platinum Jubilee-konsert by Buckingham-paleis Saterdagaand in Londen. Paddington het by die monarg aangesluit in die opgeneemde skets voordat die popgroep Queen die konsert geopen het. Diana Ross, Sir Rod Stewart en Duran Duran was van die ander groot name wat opgetree het. Die koningin het egter nie die bygewoon nie. Die 96-jarige monarg ondervind die afgelope maande mobiliteitsprobleme. Sy en Paddington het tee gedrink en die twee het bespreek waar hulle elk ‘n nood-marmelade toebroodjie versteek.