Die Eagles se eendag internasionale reeks teen Hongkong begin vandag

Die Richelieu Eagles, onder leiding van Gerhard Erasmus, sal vanoggend om half-tien teen Hongkong te staan kom in die Castle Lite eendag internasionale reeks. Die reeks duur tot 12 Junie en vind op die United-sportgronde in die hoofstad plaas. Krieket Namibië se hoof uitvoerende beampte Johan Muller het met Kosmos 94.1 Nuus oor die reeks gepraat.