Koningin maak verskyning op afsluiting van jubilieum

Die koningin het gisteraand vlugtig op Buckingham-paleis se balkon verskyn vir die afsluiting van haar Platinum-jubileumviering. Sy het haar verskyning gemaak saam met prins Charles, Camilla en die hertog en hertogin van Cambridge en hulle kinders. Die skares is vermaak met vertonings deur Ed Sheeran en die rolverdeling van Mamma Mia. As deel van die vieringe het […]

Read More

Kommerwekkende voorvalle in misdaadverslag

Die Namibiese polisie sê in sy weeklikse misdaad verslag dat die liggaam van ‘n baba dogtertjie op Karibib naby die Harambee-nedersetting oor die naweek gevind is. Volgens Nampol het drie seuns, wat naby die stortingsterrein gespeel het, die lykie in ‘n handdoek gevind. Geen verdagte is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Op Swakopmund, ondersoek Nampol ‘n moontlike verkragting van […]

Read More

Miljoene aan bewaringsgebiede gegee na pandemie

Die omgewingsministerie het tot dusver vanjaar 73 miljoen Namibiese dollar bestee aan gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronbestuur-entiteite wat met toerisme geassosieer word. Die minister, Pohamba Shifeta, sê ‘n verdere 44,7 miljoen dollar  is aan kommunale bewaringsgebiede gegee. Die spesiale veerkragtigheidsfonds van die ministerie is vir dié betalings benut. Die doel van die fonds om verligting te verskaf om bewaringsgebiede in staat te stel om salarisse te […]

Read More

Cele is nie bevoeg om misdaad te bekamp nie

Die EFF in Suid-Afrika sê hy is bekommerd dat die land toenemend onder beleg is en die polisie het nie planne om misdaad te hanteer nie. Dit volg na die minister van polisie, Bheki Cele, se bekendmaking van die vierde kwartaal se misdaadstatistiek verlede week. Moord het van Januarie tot Maart vanjaar met 22,2 persent […]

Read More

Bittersoet oorwinning vir Wallis

Wallis het vir die eerste keer sedert 1958 vir die Wêreldbeker gekwalifiseer nadat hulle Oekraïne op die Cardiff City-stadion met 1-0 verslaan het. Die wedstryd se enigste doel was ‘n ongelukkige eie doel deur Andriy Yarmolenko ná ‘n vryskop deur Gareth Bale. Wallis kan nou begin voorberei vir Katar waar hulle ‘n plek in Groep […]

Read More

Esteban samel fondse in vir nuwe fiets na syne gesteel is

Die Switser, Roman Esteban, wie se fiets op Ongwediva gesteel is, sê hy het geen ander opsie gehad as om massabefondings deur middel van sosiale media van stapel te stuur nie. Esteban is besig met ‘n fietstoer deur Suider-Afrika en het op sy fiets vanaf Kaapstad aangekom. Hy wil nog deur Angola tot na Malawi […]

Read More

Olieprys styg verder na Saoedi premies opstoot

Oliepryse het vroeg vanoggend met meer as 2 Amerikaanse dollar per vat gestyg nadat Saoedi-Arabië pryse vir sy ru-verkope in Julie skerp verhoog het. Die kommoditeit het net onder 122 dollar per vat gestyg maar het effe teruggesak en verhandel tans net onder 121 dollar. Saoedi-Arabië het die amptelike verkoopprys vir sy vlagskip Arabiese ligte ruolie na […]

Read More

Groot geleentheid vir Namibiese kleinsakeondernemings

SMEs Compete, in samewerking met die Indiese-Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, nooi plaaslike maatskappye uit om Donderdag by hulle aan te sluit om ‘n afvaardiging van Indiese sakelui te ontmoet vir moontlike samewerking. Danny Meyer van SMEs Compete het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Meyer sê dat kleiner maatskappye ook deel sal vorm van […]

Read More

Duvenhage meen daar’s moontlik ‘n komplot teen Ramaphosa

Reaksie word ontvang op die jongste inligting wat verkry is deur amaBhungane, ‘n ondersoekende joernalistieke groep wat Namibiese media insluit. Volgens die groep is daar ‘n toesmeerdery van die 2020-diefstal van sowat 4 miljoen Amerikaanse dollar in kontant vanaf President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas in Limpopo. Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, sê […]

Read More

Rassie rooi in die gesig na daardie twiet

‘n Pornografiese twiet op SA Rugby se direkteur Rassie Erasmus se Twitter-platform het oor die naweek die wenkbroue laat lig. Erasmus, wat om verskoning gevra het, sê hy het groot uitdagings gehad om die foto te verwyder en het op sy blad gesê hy is gekaap. Hy het bygevoeg dat elke keer wat hy die foto verwyder het, het […]

Read More