Miljoene aan bewaringsgebiede gegee na pandemie

Die omgewingsministerie het tot dusver vanjaar 73 miljoen Namibiese dollar bestee aan gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronbestuur-entiteite wat met toerisme geassosieer word. Die minister, Pohamba Shifeta, sê ‘n verdere 44,7 miljoen dollar  is aan kommunale bewaringsgebiede gegee. Die spesiale veerkragtigheidsfonds van die ministerie is vir dié betalings benut. Die doel van die fonds om verligting te verskaf om bewaringsgebiede in staat te stel om salarisse te betaal vir wildwagte, bosmonitering en personeel om voort te gaan met wildmoniteringsaktiwiteite. Shifeta voeg by dat die pandemie ‘n groot impak op landelike lewensbestaan tot dusver gehad het, na raming dat byna 3 000 mense in hierdie sektor in gedrang is.