Bittersoet oorwinning vir Wallis

Wallis het vir die eerste keer sedert 1958 vir die Wêreldbeker gekwalifiseer nadat hulle Oekraïne op die Cardiff City-stadion met 1-0 verslaan het. Die wedstryd se enigste doel was ‘n ongelukkige eie doel deur Andriy Yarmolenko ná ‘n vryskop deur Gareth Bale. Wallis kan nou begin voorberei vir Katar waar hulle ‘n plek in Groep B verdien het saam met Engeland, Amerika en Iran. Doelskopper Kieffer Moore sê dit beteken vir hulle oneindig baie dat hulle die Wêreldbeker gehaal het: