Groot geleentheid vir Namibiese kleinsakeondernemings

SMEs Compete, in samewerking met die Indiese-Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, nooi plaaslike maatskappye uit om Donderdag by hulle aan te sluit om ‘n afvaardiging van Indiese sakelui te ontmoet vir moontlike samewerking. Danny Meyer van SMEs Compete het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Meyer sê dat kleiner maatskappye ook deel sal vorm van die afvaardiging wat goeie geleenthede kan ontsluit.