Esteban samel fondse in vir nuwe fiets na syne gesteel is

Die Switser, Roman Esteban, wie se fiets op Ongwediva gesteel is, sê hy het geen ander opsie gehad as om massabefondings deur middel van sosiale media van stapel te stuur nie. Esteban is besig met ‘n fietstoer deur Suider-Afrika en het op sy fiets vanaf Kaapstad aangekom. Hy wil nog deur Angola tot na Malawi reis. Hy sê hy moet voortgaan met sy droom…