Koningin maak verskyning op afsluiting van jubilieum

Die koningin het gisteraand vlugtig op Buckingham-paleis se balkon verskyn vir die afsluiting van haar Platinum-jubileumviering. Sy het haar verskyning gemaak saam met prins Charles, Camilla en die hertog en hertogin van Cambridge en hulle kinders. Die skares is vermaak met vertonings deur Ed Sheeran en die rolverdeling van Mamma Mia. As deel van die vieringe het ‘n koets van 260-jaar-oud met ‘n hologram van die koningin tydens haar kroning in 1953 ‘n optog deur die middestad van Londen gelei. Sy het meeste van die vieringe misgeloop as gevolg van mobiliteitsuitdagings.