Kommerwekkende voorvalle in misdaadverslag

Die Namibiese polisie sê in sy weeklikse misdaad verslag dat die liggaam van ‘n baba dogtertjie op Karibib naby die Harambee-nedersetting oor die naweek gevind is. Volgens Nampol het drie seuns, wat naby die stortingsterrein gespeel het, die lykie in ‘n handdoek gevind. Geen verdagte is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort. Op Swakopmund, ondersoek Nampol ‘n moontlike verkragting van ‘n 12-jarige meisie deur haar 46-jarige buurman. Die polisie sê die voorval se datum is onbekend maar, dat dit moontlik gedurende Mei plaasgevind het, en dat ‘n ondersoek gelas is. In die Kunene-streek by Otjizeua het twee meisies, Kasuko Tjiraso, agt jaar oud en Anna Musaso, sewe, vermis geraak na hulle bokke gaan soek het. Die twee is sedert Vrydag vermis en die soektog duur voort.