Cele is nie bevoeg om misdaad te bekamp nie

Die EFF in Suid-Afrika sê hy is bekommerd dat die land toenemend onder beleg is en die polisie het nie planne om misdaad te hanteer nie. Dit volg na die minister van polisie, Bheki Cele, se bekendmaking van die vierde kwartaal se misdaadstatistiek verlede week. Moord het van Januarie tot Maart vanjaar met 22,2 persent toegeneem teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Die EFF-woordvoerder Piaba Madokwe sê Cele het geen intellektuele of operasionele vermoë om die stryd teen misdaad te lei nie en moet bedank: