Olieprys styg verder na Saoedi premies opstoot

Oliepryse het vroeg vanoggend met meer as 2 Amerikaanse dollar per vat gestyg nadat Saoedi-Arabië pryse vir sy ru-verkope in Julie skerp verhoog het. Die kommoditeit het net onder 122 dollar per vat gestyg maar het effe teruggesak en verhandel tans net onder 121 dollar. Saoedi-Arabië het die amptelike verkoopprys vir sy vlagskip Arabiese ligte ruolie na Asië verhoog tot ‘n premie van 6 Amerikaanse dollar en 50 sent teenoor 4 dollar en 40 sent wat in Junie van toepassing was. Die stap kom ondanks ‘n besluit verlede week deur Opul en sy vennote, om uitset in Julie en Augustus met 648 000 vate per dag te verhoog, of 50 persent meer as wat voorheen beplan is. Dit sal nie ‘n beduidende impak maak op die  huidige vraag nie, veral omdat China se inperkings op die oomblik verslap word. Daar is voorspellings dat die olieprys nog verder sal styg.