Ontwrigtings sal lei tot tekorte van verskeie goedere in Namibië

Die waarde van uitvoere het in April met 15,4 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem, terwyl invoere met 43,1 persent toegeneem het. Benewens die voorsieningsketting-ontwrigting van die oorlog in die Oekraïne, het inperkings in sekere Chinese stede handel per see ontwrig, wat volgens die Wêreldhandelsorganisasie moontlik tot hernieude tekorte aan vervaardigings-insette en hoër inflasie kan lei. […]

Read More

Burgemeester van Kaapstad: Polisieminister moet gaan

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê na aanleiding van die jongste misdaadstatistiek is dit duidelik die minister van polisie, Bheki Cele, doen nie genoeg om wetstoepassing in die land te verbeter nie. Hy meen polisiemagte moet afgewentel word om bekwame provinsiale en munisipale regerings moontlik te maak. Die stad het ‘n veiligheidsbegroting van 5,4 […]

Read More

Plastiek sal teen 2060 met 1,2 miljard ton toeneem

Die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se onlangse bevindings dui daarop dat die jaarlikse produksie van fossielbrandstof-gebaseerde plastiek teen 2060 met 1,2 miljard ton sal toeneem. Volgens die sekretaris-generaal, Mathias Cormann, word byna 100 miljoen ton plastiekafval in die omgewing toegelaat en veroorsaak skade aan ekostelsels en menslike gesondheid. Cormann sê plastiekbesoedeling is die […]

Read More

UDF vra parlement om Ramaphosa se rooftog te ondersoek

Die United Democratic Movement wil hê die parlement moet ondersoek instel na die beweerde diefstal van meer as 60 miljoen Suid-Afrikaanse rand in dollar-note op President Cyril Ramaphosa se wildsplaas in Limpopo. Die UDM-leier, Bantu Holomisa, het nou die parlement gevra om die bewerings te ondersoek, al ontken Ramaphosa betrokkenheid by die misdaad terwyl hy […]

Read More

Omgewinsministerie stel Mens-dier-konflik- en wildmisdaad-bestuursprojek bekend

Die omgewingsminister, Pohamba Shifeta, sê die mens-dier-konflik- en wildmisdaad-bestuursprojek kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Die kwessies raak die Namibise ekonomie, omgewing en lewensbestaan van gemeenskappe. Die projek is vanoggend in die hoofstad van stapel gestuur deur die omgewingsministerie en die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram in Namibië. Shifeta sê watter uitdagings deur […]

Read More

Ernst Roets van AfriForum en gesin teenwoordig by skietery in restaurant

Die adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, Ernst Roets, en sy gesin was Sondagaand teenwoordig by ‘n restaurantskietery in die Centurion Lifestyle-sentrum in Pretoria. ‘n Bende van drie tot vyf gewapende mans het die Spur-restaurant binnegekom terwyl die gesin hul seun se 10de verjaardag gevier het. Volgens Roets het hy dadelik privaat sekerheidsdenste gekontak wat binne […]

Read More

Nigeriese President veroordeel aanval op Katolieke kerk

Die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, het die aanval op ‘n Katolieke kerk in Ondo waarin minstens 50 mense dood is, as afgryslik beskryf. Gewapende mans het tydens gister se diens die kerk binnegegaan en op die gemeente losgebrand. Hulle het ook ‘n ploftoestel laat afgaan. Die goewerneur van die Ondo-staat, Arakunrin Akeredolu, veroordeel wat hy […]

Read More

‘Tandartse’ van Walvis kry N$10 000 borg

‘n Man en ‘n vrou wat hulle as tandartse voorgedoen het, het vanoggend in die Wa Walvisbaai-landdroshof verskyn. Gabriel Gabriel en Elina Mutewa is verlede week Donderdag in hegtenis geneem op klagte van bedrog en is vandag elk borg van 10 000 Namibiese dollar toegestaan. Die twee het volgens owerhede regoor Namibië gereis om tandheelkundige […]

Read More

Ekonoom sê oor beleidsaanpassings met olie-ontdekking

Reaksie word ontvang op menings van kenners dat die amper 13 miljard vate ru-olie wat aflandig in die Suide gemaak is, sal veroorsaak dat beleidsaanpassings en hervorming gemaak moet word. Daar word beraam dat BBP-groei teen 2050 kan verdubbel met die regering wat ongeveer 40 miljard Amerikaanse dollar daaruit sal verdien. Robert McGregor van Cirrus […]

Read More

Uerikua sê burgemeesterfondse is belangrik en almal moet bydra

Die Burgemeestersfonds van die Otjiwarongo-munisipaliteit is oor die naweek van stapel gestuur om veral arm inwoners en leerders by te staan. Volgens die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua, is die tipe van fonds uiters belangrik om maatskaplike uitdagings regoor die land aan te spreek.

Read More