Nigeriese President veroordeel aanval op Katolieke kerk

Die Nigeriese president, Muhammadu Buhari, het die aanval op ‘n Katolieke kerk in Ondo waarin minstens 50 mense dood is, as afgryslik beskryf. Gewapende mans het tydens gister se diens die kerk binnegegaan en op die gemeente losgebrand. Hulle het ook ‘n ploftoestel laat afgaan. Die goewerneur van die Ondo-staat, Arakunrin Akeredolu, veroordeel wat hy ‘n bose en sataniese aanval noem en belowe die aanvallers sal vasgetrek word. Die aanval is vermoedelik deur etniese Fulani-terroriste uitgevoer.