Omgewinsministerie stel Mens-dier-konflik- en wildmisdaad-bestuursprojek bekend

Die omgewingsminister, Pohamba Shifeta, sê die mens-dier-konflik- en wildmisdaad-bestuursprojek kon nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Die kwessies raak die Namibise ekonomie, omgewing en lewensbestaan van gemeenskappe. Die projek is vanoggend in die hoofstad van stapel gestuur deur die omgewingsministerie en die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram in Namibië. Shifeta sê watter uitdagings deur gemeenskappe in die gesig gestaar word.