Ernst Roets van AfriForum en gesin teenwoordig by skietery in restaurant

Die adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, Ernst Roets, en sy gesin was Sondagaand teenwoordig by ‘n restaurantskietery in die Centurion Lifestyle-sentrum in Pretoria. ‘n Bende van drie tot vyf gewapende mans het die Spur-restaurant binnegekom terwyl die gesin hul seun se 10de verjaardag gevier het. Volgens Roets het hy dadelik privaat sekerheidsdenste gekontak wat binne vyf minute op die toneel was. ‘n Veiligheidswag, wat nie ten tye van die voorval aan diens was nie maar wat in die restaurant geëet het, het ook gereageer en een van die rowers doodgeskiet. Die res van die rowers het op die vlug geslaan. Niemand is beseer nie.