Burgemeester van Kaapstad: Polisieminister moet gaan

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê na aanleiding van die jongste misdaadstatistiek is dit duidelik die minister van polisie, Bheki Cele, doen nie genoeg om wetstoepassing in die land te verbeter nie. Hy meen polisiemagte moet afgewentel word om bekwame provinsiale en munisipale regerings moontlik te maak. Die stad het ‘n veiligheidsbegroting van 5,4 miljard Suid-Afrikaanse rand goedgekeur, met befondsing vir nog 150 beamptes, en 86 miljoen rand vir kringtelevisie en nuwe misdaadbekampingstegnologie. Hill-Lewis sê hulle het vertroue in die minister verloor en hy moet gaan.