Uerikua sê burgemeesterfondse is belangrik en almal moet bydra

Die Burgemeestersfonds van die Otjiwarongo-munisipaliteit is oor die naweek van stapel gestuur om veral arm inwoners en leerders by te staan. Volgens die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua, is die tipe van fonds uiters belangrik om maatskaplike uitdagings regoor die land aan te spreek.