Ontwrigtings sal lei tot tekorte van verskeie goedere in Namibië

Die waarde van uitvoere het in April met 15,4 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem, terwyl invoere met 43,1 persent toegeneem het. Benewens die voorsieningsketting-ontwrigting van die oorlog in die Oekraïne, het inperkings in sekere Chinese stede handel per see ontwrig, wat volgens die Wêreldhandelsorganisasie moontlik tot hernieude tekorte aan vervaardigings-insette en hoër inflasie kan lei. Hierdie ontwrigtings sal waarskynlik lei tot tekorte in verskeie goedere in Namibië. Theo Klein, ekonoom van Simonis Storm het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…