‘Tandartse’ van Walvis kry N$10 000 borg

‘n Man en ‘n vrou wat hulle as tandartse voorgedoen het, het vanoggend in die Wa Walvisbaai-landdroshof verskyn. Gabriel Gabriel en Elina Mutewa is verlede week Donderdag in hegtenis geneem op klagte van bedrog en is vandag elk borg van 10 000 Namibiese dollar toegestaan. Die twee het volgens owerhede regoor Namibië gereis om tandheelkundige prosedures uit te voer sonder enige kwalifikasies of registrasie by die Namibiese Tandheelkundige Raad. Die saak is tot 3 Augustus uitgestel.