Trump se tweede versoek oor swyggeld-verhoor van die hand gewys

Die regter in Donald Trump se hofsaak oor swyggeld het die oudpresident se tweede versoek dat die saak geskrap word, van die hand gewys. Sy prokureurs het gister hul aanval op die gewese porno-ster, Stormy Daniels, se geloofwaardigheid voortgesit. Hulle beskuldig haar dat sy die storie van ʼn seksuele voorval met Trump, en dat sy […]

Read More

Foute in Premierliga buite die kwessie: Guardiola

Sokker: Daar is net een punt verskil tussen die top twee spanne in die Engelse Premierliga. Liverpool het teruggesak, wat net twee mededingers los; die verdedigende kampioen Manchester City en Arsenal. Die Gunners is voor, maar hulle het nog net twee wedstryde oor. City het nog drie wedstryde en sal die titel behou as hulle […]

Read More

Leerders ‘val ook onderwysers aan in Namibië’

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het kommer uitgespreek oor ‘n onlangse geveg tussen ‘n graad 9-leerder en ‘n onderwyser van Glenvista High School in Johannesburg. ’n Video wat wys hoe die onderwyser en leerder gewelddadig baklei en in die proses skoolmeubels beskadig, is wyd op sosiale media versprei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat […]

Read More

Vlagbrand simboliseer nasionale agteruitgang: DA se Msimanga

Die premierskandidaat van die DA in Gauteng, Solly Msimanga, sê die brand van die digitale vlag verteenwoordig die land se agteruitgang. Op die Red SA-toer in Soweto, het Msimanga die regering beskuldig dat hy die drome van 1994 vermorsel het. Hy sê die regerende party tree op uit vrees en desperaatheid. Msimanga het herbevestig dat […]

Read More

Chinese dieretuin verf honde om soos pandas te lyk

‘n Dieretuin in China word beskuldig dat hy honde swart en wit geverf het vir sy sogenaamde panda-honduitstalling in ‘n poging om besoekers te laat dink hulle sien regte pandas. Besoekers wat ingestroom het om die diere te sien was teleurgesteld toe hulle agtergekom dit was in werklikheid Chows, oorspronklik uit Noord-China, en bekend vir […]

Read More

Billy Vunipola kry amptelike waarskuwing

Rugby: Die Rugbyvoetbalunie het die sterspeler van Engeland en Saracens, Billy Vunipola, amptelik gewaarsku nadat hy verlede maand in Majorka, Spanje, in hegtenis geneem is. Die 31-jarige speler het in die openbaar verskoning gevra ná sy boete omdat hy in April nie ʼn kroeg in die eiland se hoofstad, Palma, wou verlaat nie. Die waarskuwing […]

Read More

Swakop se African Vocals gaan na Duitsland

Die gewilde Swakopmundse koor, African Vocals, gaan hulle vlerke internasionaal sprei. Die groep vertrek op 16 Mei na Duitsland, waar hulle in 37 dorpe gaan optree. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die koor se dirrigent, Joel Nambuli, wat meer inligting gee.

Read More

Opwinding loop hoog vir 54ste Tara Rally

Opwinding loop hoog vir die 54ste Tara Rally, wat vanaf 6 tot 8 Junie gehou word. Inskrywings is oop en sluit om 5-uur die middag op 31 Mei. Die eerste trajek word by die Tony Rust renbaan buite Windhoek beslis, en die tweede dag skop in Rehoboth af. Die uitdagende tydren sal oor 466km en […]

Read More

Voertuig met GRN-nommerplaat betrokke by renosterstropery

Ten minste een regeringsvoertuig met ‘n GRN-nommerplaat was betrokke by die stroop van ‘n witrenoster-bul verlede naweek op ‘n plaas by Gobabis, volgens NamPol. Die Blue Rhino-taakspan, die beskermde hulpbronne-onderafdeling in die Omaheke-streek, en die omgewingsministerie se ondersoekeenheid het leidrade opgevolg. Die voertuig en sy bestuurder is in Gobabis opgespoor, en opvolgondersoeke het gelei na […]

Read More

Verkiesingskommissie reg vir kiesers-registrasie

Die Namibiese Verkiesingskommissie het 4 297 registrasiepunte in al 121 kiesafdelings regoor die land bekend gemaak, met 3 849 registrasiebeamptes wat ontplooi sal word. Sommige registrasiepunte sal vir die hele registrasietydperk oop wees, terwyl ander op ‘n mobiele basis bedien sal word. Registrasies vir November se verkiesings begin op 3 Junie en sluit op 1 […]

Read More