Verkiesingskommissie reg vir kiesers-registrasie

Die Namibiese Verkiesingskommissie het 4 297 registrasiepunte in al 121 kiesafdelings regoor die land bekend gemaak, met 3 849 registrasiebeamptes wat ontplooi sal word. Sommige registrasiepunte sal vir die hele registrasietydperk oop wees, terwyl ander op ‘n mobiele basis bedien sal word. Registrasies vir November se verkiesings begin op 3 Junie en sluit op 1 Augustus. Die voorlopige bevolkingstatistieke dui aan dat 1 731 790 landsburgers geregtig is om te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat sê Namibiërs moet so gou as moontlik vanaf 3 Junie registreer.