Vlagbrand simboliseer nasionale agteruitgang: DA se Msimanga

Die premierskandidaat van die DA in Gauteng, Solly Msimanga, sê die brand van die digitale vlag verteenwoordig die land se agteruitgang. Op die Red SA-toer in Soweto, het Msimanga die regering beskuldig dat hy die drome van 1994 vermorsel het. Hy sê die regerende party tree op uit vrees en desperaatheid. Msimanga het herbevestig dat die DA Suid-Afrika wil red van kwessies soos bendebedrywighede, misdaad, armoede en werkloosheid.