Trump se tweede versoek oor swyggeld-verhoor van die hand gewys

Die regter in Donald Trump se hofsaak oor swyggeld het die oudpresident se tweede versoek dat die saak geskrap word, van die hand gewys. Sy prokureurs het gister hul aanval op die gewese porno-ster, Stormy Daniels, se geloofwaardigheid voortgesit. Hulle beskuldig haar dat sy die storie van ʼn seksuele voorval met Trump, en dat sy betaal is om stil te bly, versin het. Regter Juan Merchan sê Trump se prokureurs moet die skuld kry dat Daniels intieme besonderhede oor die voorval in 2006 beskryf. Die oudpresident ontken al Daniels se bewerings.