Leerders ‘val ook onderwysers aan in Namibië’

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het kommer uitgespreek oor ‘n onlangse geveg tussen ‘n graad 9-leerder en ‘n onderwyser van Glenvista High School in Johannesburg. ’n Video wat wys hoe die onderwyser en leerder gewelddadig baklei en in die proses skoolmeubels beskadig, is wyd op sosiale media versprei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Raimbert Muronga, inspekteur van mediaskakeling by NamPol, wat sê sulke voorvalle is ook algemeen in Namibië en sake word deur onderwysers teen leerders geopen.