Chinese dieretuin verf honde om soos pandas te lyk

‘n Dieretuin in China word beskuldig dat hy honde swart en wit geverf het vir sy sogenaamde panda-honduitstalling in ‘n poging om besoekers te laat dink hulle sien regte pandas. Besoekers wat ingestroom het om die diere te sien was teleurgesteld toe hulle agtergekom dit was in werklikheid Chows, oorspronklik uit Noord-China, en bekend vir hulle dik pels. ‘n Woordvoerder verdedig die dieretuin teen aantygings van vals advertensie, en sê hulle het net ‘n nuwe uitstalling aangebied sonder om meer toegangsgeld te vra.