Opwinding loop hoog vir 54ste Tara Rally

Opwinding loop hoog vir die 54ste Tara Rally, wat vanaf 6 tot 8 Junie gehou word. Inskrywings is oop en sluit om 5-uur die middag op 31 Mei. Die eerste trajek word by die Tony Rust renbaan buite Windhoek beslis, en die tweede dag skop in Rehoboth af. Die uitdagende tydren sal oor 466km en 18 trajekte beslis word. Francois Lottering gee meer inligting.