NAC reageer op Qatar-berigte

Die aankondiging dat Qatar Airways direkte vlugte vanaf Doha na Windhoek in Julie gaan hervat, is ‘n stap in die regte rigting, volgens die Namibiese Lughawensmaatskappy en die toerismesektor. Dit volg ná President Hage Geingob ‘n vergadering met Qatar Airways se uitvoerende hoof, Akbar Al-Baker, in Katar se hoofstad, Doha, gehad het. Die lugredery het […]

Read More

Biden: Ondersteun Amerika, koop Amerikaanse produkte

Die Amerikaanse President Joe Biden het pas sy staatsrede gelewer. Terwyl hy die krisis in die Oekraïne aangespreek het, het hy ook groot infrastruktuur-projekte aangekondig…

Read More

Rassie wil vrouerugby uitbrei

SA Rugby se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sê dit is belangrik om vrouerugby in Suid-Afrika uit te brei. Die Springbok-vroue en Springbok-vroue se sewes-spanne sien uit na ‘n bedrywige seisoen wat twee wêreldbeker-toernooie insluit. Erasmus sê die mikpunt is dat vroue van voetsool- tot internasionale vlak aan die sport sal deelneem. Hy sê ‘n […]

Read More

Wanneer rol die Desert Express se wiele weer?

Die luukse Suid-Afrikaanse trein Rovos Rail het sy eerste treinsafari van tien dae sedert 2019 in Namibië gedoen. Die trein met 18 waens is vanaf die Ariamsvlei-grenspos met TransNamib se lokomotief gesleep. Die treinreis het Lüderitz, Keetmanshoop, Windhoek, Otjiwarongo en Tsumeb ingesluit en vandag op Swakopmund geëindig. Gaste het onder meer die Visrivier-canyon, Sossusvlei en […]

Read More

Haweloses plak twee jaar by skool in Roodepoort

Die DA se woordvoerder oor onderwys in Gauteng, Khume Ramulifho, het bevestig dat ‘n hawelose familie van ses volwassenes en ‘n baba op die terrein van die Hoërskool Die Burger in Bergbron, Roodepoort, ingetrek het. Die groep beset al byna twee jaar lank drie van die klaskamers en hou ‘n ernstige gevaar vir leerders en […]

Read More

WGO skenk rekenaars aan Namibiese Statistieke-agentskap om verslae te bespoedig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het tien skootrekenaars ter waarde van meer as 211 169 Namibiese dollar aan die Namibiese Statistieke-agentskap geskenk. Volgens die WGO se teenwoordiger in Namibië, Charles Sagoe-Moses, is die skenking om die tweede Mortaliteit- en Oorsaak van Sterftes-verslag van 2018 tot 2020 teen die middel van vanjaar te voltooi. ‘n Bykomende 200 000 Namibiese […]

Read More

Landbou-ekonoom sê branstofprysstygings vind in stil tydperk in landbousektor plaas

‘n Landbou-ekonoom sê hoewel die brandstof-prysverhogings boere se insetkoste gaan verhoog, vind dit plaas in ‘n stil tydperk in die primêre landbousektor, veral in die somergewas-gebiede waar gewasse tans jonk is. Wandile Sihlobo van die Landbou-sakekamer, Agbiz, sê dieselfde kan nie gesê word vir landbousake wat koste-verhogings gaan ervaar nie. Beide Namibië en Suid-Afrika se […]

Read More

Amerika sien reuse-potensiaal in Namibiese ekonomie

Daar is reuse-potensiaal in Namibië se mense en sy ekonomie, veral herwinbare energie, het Akunna Cook, ‘n senior amptenaar van die Amerikaanse staatsdepartement, gesê. Verteenwoordigers van verskeie groot Amerikaanse maatskappye het besoek aan Namibië gebring om beleggings- en kommersiële geleenthede in die land te ondersoek. Cook het die afvaardiging gelei wat amptenare van die Amerikaanse […]

Read More

Stede staar groeiende probleem van afvalbestuur in die gesig

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê provinsiale stede en stedelike gebiede staar ‘n groeiende probleem in die gesig rondom afvalbestuur en -verwydering as ‘n kritieke deel van die breër omgewings- en klimaatskrisis. Hy het gepraat by die bekendstelling van die Gautengse eWaste-bestuurstrategie op die Mary Fitzgerald-plein in Johannesburg. Makhura sê miljoene ton afval vul […]

Read More

Rusland wil keer dat beleggings land verlaat

Rusland berei ‘n presidensiële bevel voor wat ten doel het om te voorkom dat buitelandse beleggings die land verlaat. Rusland se eerste minister, Mikhail Mishustin, sê in die huidige situasie sal buitelandse beleggers nie gelei word deur ekonomiese faktore nie, maar deur politieke druk. ‘n Konsep-presidensiële bevel om ondernemings in staat te stel om ingeligte […]

Read More