Namibiese grond-indaba: Nie alle resolusies in wetsontwerp vervat

Nie al die 169 resolusies wat by die 2018 Namibiese grond-indaba geneem is, vorm deel van die grond-wetsontwerp nie, aangesien sommige nie die grondwetlike toets geslaag het nie, en dus in stryd is met die Grondwet. Die grond-wetsontwerp is tans by die wetskrywers waarna dit na beleidsvlak gaan vir insette. Dit sal dan in September […]

Read More

NVG: Vorige SAL-hoof is besig met pleit-ooreenkoms

Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder vir Gauteng sê die staat en die gewese raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, is besig om ‘n pleit- en vonnis-ooreenkoms te onderhandel. Phindi Mjonondwane sê Myeni beplan om skuldig te pleit op die aanklag dat sy die naam van ‘n beskermde getuie voor die Staatskapingskommissie uitgelap het. Myeni […]

Read More

SA Mineraalraad vra dringende ingryping in hawens en spoorweë

Die Mineraalraad van Suid-Afrika vra dringende ingryping om hawens en spoorweë te herstel. Die raad sê mineraal-uitvoere het weens die Covid-pandemie in die eerste drie maande van vanjaar tot sy laagste vlak gedaal. Steenkool-uitvoere het met 20 persent gedaal, van omtrent 80 miljoen ton in 2017 tot ongeveer 64 miljoen ton verlede jaar. Die raad […]

Read More

Nampol sê twee moorde word nie met mekaar verbind

‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie het bevestig die polisie ondervra op die oomblik ‘n man in verband met die moord op die LPM-jeugleier, die 28-jarige Charmaine Saron. Saron se liggaam is verlede week naby die Hosianna Kerk in Katutura met 24 meswonde gevind. Volgens die owerhede is daar nog ‘n verdagte wat soek is. […]

Read More

SA NV-speaker wys parlementêre ondersoek na Ramaphosa van die hand 

Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het versoeke van die hand gewys vir ‘n parlementêre ondersoek na bewerings teen President Cyril Ramaphosa. Die versoeke is ingedien deur die United Democratic Movement en die African Transformation Movement. Hulle wil hê Ramaphosa se optrede moet ondersoek word terwyl hy op sabbatsverlof geplaas […]

Read More

Optimistiese mense lewe langer

Kenners het bevind hoër vlakke van optimisme lei tot ‘n langer lewensduur vir vroue, selfs verby die ouderdom van 90 jaar. ‘n Studie gelei deur navorsers aan die Harvard TH Chan Skool vir Openbare Gesondheid het bevind dit is waar vir vroue van alle ras- en etniese groepe. Die GoodNewsNetwork berig die studie het data […]

Read More

Brand kry skuld vir onbetaalde gesondheidsrekeninge in Gauteng

Die DA in Gauteng sê die provinsiale departement van gesondheid se finansies ly weens onbetaalde rekeninge ten bedrae van 6 miljard Suid-Afrikaanse rand, waarvan sommige so ver soos 2017 terugdateer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die nuut-aangestelde departementshoof, Nomonde Notshungu, bestaan daar geen behoorlike rekords nie, weens die brand by die departement se hoofkantoor […]

Read More

Minister van veteranesake sê hy sal na Plan-vegters luister

‘n Groep oud-Planvegters, die militêre vleuel van die Swapo-party tydens die bevrydingstryd, hou vandag ‘n protesoptog en wil ook met die minister van veteranesake, Frans Kapofi, gesels. Die groep eis antwoorde oor wat gebeur het met die meer as 21 miljoen Amerikaanse wat deur die Verenidge Nasies vir rehabilitasie- en hervestigingsdoeleindes gegee is. Minister Kapofi […]

Read More

Comair se aansoek vir likwidasie goedgekeur

Die hooggeregshof in Johannesburg het Comair se aansoek goedgekeur om onder voorlopige likwidasie geplaas te word. Comair se sakereddings-praktisyn, Richard Ferguson, sê die lugredery-operateur is kommersieel insolvent en kan nie sy verpligtinge teenoor sy befondsings- en handels-krediteure nakom nie. Comair, wat Kulula en British Airways bedryf het, sê hy het nie meer toegang gehad tot […]

Read More

Oekraïne verloor 25% van bewerkbare landbougrond 

Die ministerie van landbou in Oekraïne het bevestig die land het 25 persent van sy bewerkbare grond in sekere streke verloor sedert die Russiese inval. Volgens die adjunkminister van landbou, Taras Vysotskiy, is die suide en ooste erg geraak, alhoewel voedselsekerheid nie bedreig word nie. Vysotskiy sê die struktuur van gewas-aanplanting is vergroot om te […]

Read More