WGO skenk rekenaars aan Namibiese Statistieke-agentskap om verslae te bespoedig

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het tien skootrekenaars ter waarde van meer as 211 169 Namibiese dollar aan die Namibiese Statistieke-agentskap geskenk. Volgens die WGO se teenwoordiger in Namibië, Charles Sagoe-Moses, is die skenking om die tweede Mortaliteit- en Oorsaak van Sterftes-verslag van 2018 tot 2020 teen die middel van vanjaar te voltooi. ‘n Bykomende 200 000 Namibiese dollar is ook geskenk vir toerusting en tegniese hulp in die proses om die verslag en ander statistiek betyds aan Namibiërs te verskaf.