
Phala Phala-ondersoek is bekragtig - January 27, 2023
Die kantoor van die Openbare Beskermer sê sy ondersoekspan het al die inligting en bewyse oor die Phala Phala-plaasondersoek wat hy in hierdie stadium as relevant ag, ingesamel, hersien en bekragtig. Die kantoor het ondersoek ingestel of President Cyril Ramaphosa die Uitvoerende Etiese Kode in verband met die diefstal van duisende Amerikaanse dollar op sy plaas in Limpopo, […]
Saftu is ontstoke oor repokoers - January 27, 2023
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hy is gekant teen die jongste rentekoersverhoging want dit sal ‘n negatiewe impak op die lewenstandaard van werkers hê en is ‘n groot slag vir kleinsakeondernemings. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers met 25 basispunte verhoog wat die terugkoopkoers op 7,25 persent te staan bring. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku sê rentekoersverhogings het bygedra tot die verlaging van […]
Nog ‘n leerling-sjef blink uit! - January 27, 2023
Gheanen Rudolph, ‘n tweedejaarstudent van die Silver Spoon Hospitality Academy in die hoofstad, is gekies om Namibië te verteenwoordig by die 2023 Jong Sjef Olimpiade wat op 29 Februarie in Indië begin. Hierdie kompetisie is vir die eerste keer in 1995 gehou en dit sal die negende keer aangebied word. Sjef Terry Jenkinson van die […]
Duitse restaurant-eienaar skik met owerhede om in Namibië te bly - January 27, 2023
Petra Illing, mede-eienaar van Craft Bistro-restaurant in die hoofstad, se dringende aansoek oor haar verblyf – wat vandag aangehoor sou word – is reeds geskik. ‘n Skikkingsooreenkoms is op die regstelsel gelaai wat toon dat sy die saak terugtrek. Die ministerie van binnelandse sake het ook die opdrag dat sy die land moet verlaat teruggetrek […]
Efundja: Eerste minister gee jongste oor bystand - January 27, 2023
Die watervlakke in die sentrale en oostelike sones van die Cuvelai-Etosha-bekken styg steeds vinnig aan die Namibiese kant. Volgens die Namibiese Hidrologiese Dienste is nog vloedwaters waargeneem vanaf Ondjiva in Angola. Vloedwater het Okatana bereik en die voorspelling is dat dit Oshakati in die volgende komende dae kan bereik. Tesame met die vloedwaters, is die […]
Eskom wil van 500 wit werknemers onstlae raak - January 27, 2023
Solidariteit in Suid-Afrika sê Eskom wil in die volgende twee jaar ontslae raak van 500 wit manlike werknemers, waarvan die meeste instandhoudingswerk doen. Die vakbond sê dit vorm deel van die nutsmaatskappy se jongste Diensbillikheidsplan vir 2023 tot 2025. Die organisasie se regspan het ’n brief aan Eskom gestuur waarin daar gevra word vir ’n […]
Barry de Klerk word nuutste teiken van swendelaars - January 27, 2023
Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, adjunk-kommissaris Barry de Klerk is die nuutste teiken van swendelaars. Polisiebeamptes se name soos De Klerk s’n, asook dié van ene kommissaris Heita, word deur swendelaars misbruik. Die misdadigers bel lede van die publiek en beweer daar is ‘n kriminele saak teen hulle en hulle sal gearresteer word, tensy […]
Meer gevangenes moet matriek in die tronk voltooi - January 27, 2023
Die Departement van Korrektiewe Dienste in die buurland het meer gevangenes aangemoedig om hul matriek te voltooi. Die departement het hierdie week ‘n slaagsyfer van 87,6 persent vir verlede jaar se klas gevier. Volgens die woordvoerder, Singabakho Nxumalo, het hulle gevind diegene wat hul instellings verlaat sonder opvoedkundige kwalifikasies, word gereeld gewoonte-misdadigers. Hy voeg by […]
Fishcor se laaste poging om Maren de Klerk via video te ondervra, misluk - January 27, 2023
Regter Orben Sibeya het in die hoërhof toestemming tot appèl aan Fishcor geweier in die maatskappy se aansoek om die omstrede Windhoek-prokureur Maren de Klerk via ‘n videoskakel te ondervra. Volgens Sibeya, is daar nie enige vooruitsigte van sukses op appèl nie. Die regter het vroeër so aansoek deur Fishcor van die hand gewys. De […]
Kenners meen dis nou die tyd om huis te koop, rentekoers het piek bereik - January 27, 2023
Aspirant-huiseienaars in Suid-Afrika word aangeraai om die geleentheid aan te gryp met die rentekoerssiklus wat sy piek bereik het. Dit is ten spyte van die jongste verhoging van die terugkoopkoers tot 7,25 persent. Bradd Bendall van BetterBond sê die verhogings deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan vorentoe begin verlangsaam: