Rusland wil keer dat beleggings land verlaat

Rusland berei ‘n presidensiële bevel voor wat ten doel het om te voorkom dat buitelandse beleggings die land verlaat. Rusland se eerste minister, Mikhail Mishustin, sê in die huidige situasie sal buitelandse beleggers nie gelei word deur ekonomiese faktore nie, maar deur politieke druk. ‘n Konsep-presidensiële bevel om ondernemings in staat te stel om ingeligte besluite te neem, is voorberei om tydelike beperkings in te stel op uitgaande Russiese bates. President Vladimir Putin het verlede week die inval op Oekraïne van stapel gestuur en waarskuwings verontagsaam oor omvattende sanksies teen sy land.