Rassie wil vrouerugby uitbrei

SA Rugby se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sê dit is belangrik om vrouerugby in Suid-Afrika uit te brei. Die Springbok-vroue en Springbok-vroue se sewes-spanne sien uit na ‘n bedrywige seisoen wat twee wêreldbeker-toernooie insluit. Erasmus sê die mikpunt is dat vroue van voetsool- tot internasionale vlak aan die sport sal deelneem. Hy sê ‘n sterk basis van jonger spelers wat by die spel aansluit sal deel wees van die strategie om die profiel en aanvaarding van vroue in dié sport ‘n hupstoot te gee.