Stede staar groeiende probleem van afvalbestuur in die gesig

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê provinsiale stede en stedelike gebiede staar ‘n groeiende probleem in die gesig rondom afvalbestuur en -verwydering as ‘n kritieke deel van die breër omgewings- en klimaatskrisis. Hy het gepraat by die bekendstelling van die Gautengse eWaste-bestuurstrategie op die Mary Fitzgerald-plein in Johannesburg. Makhura sê miljoene ton afval vul stortingsterreine en munisipale pogings om afval in energie om te skakel, vorder nie na behore nie.