SA geoloog vereer vir baanbreker fossielnavorsing - June 6, 2025

Die Suid-Afrikaanse geoloog, Tebogo Makhubela is aangewys as ‘n National Geographic-verkenner en die ontvanger van die 2025 Wayfinder-toekenning. Makhubela word gevier vir sy navorsing by die Wieg van die Mensdom en omdat hy help om antieke geheime rondom die mens en sy oorsprong te ontsluit. Makhubela is deel van die Rising Star-span by National Geographic, […]

Read More

Iran waarsku Europa teen steun vir kernresolusie - June 6, 2025

Iran het Brittanje, Frankryk en Duitsland gewaarsku om nie ‘n konsep-resolusie by die Internasionale Atoomenergie-agentskap te steun nie. Die resolusie beskuldig Iran van nie-nakoming en Teheran noem dit ‘n “strategiese fout”. Die minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Iran sal sterk reageer teen enige skending van sy regte. Die waarskuwing deur Iran se topdiplomaat […]

Read More

Oud-Comrades kampioen jag nog ‘n titel - June 6, 2025

Padwedlope: Tweemalige Comrades-marathonkampioen Tete Dijana soek hierdie naweek ‘n driekuns in die ikoniese, 90-kilometer ultramaraton nadat hy laasjaar gesukkel het. Verlede jaar se wenner, Piet Wiersma sal sy titel verdedig met die afwedloop van Pietermaritzburg na Durban. Onder die top aanspraakmakers in die mansafdeling is Joseph Manyedi, Dan Moselakwe en Edward Mothibi. Dijana het tydens […]

Read More

Kantoor van Ombudsman een van bestes in wêreld - June 6, 2025

Die Internasionale Ombudsman-instituut het onlangs ‘n verslag vrygestel met die titel “Skakeling met gemeenskappe: Uitreikingspraktyke van Ombudsman-instansies regoor die wêreld”. Die verslag het gefokus op 101 lede se uitreikingstrategië en innoverende idees om betekenisvol met hul gemeenskappe te skakel. Die Namibiese Kantoor van die Ombudsman is gekies as een van die beste in die wêreld. […]

Read More

NRU-eindstryde laat die mond water - June 6, 2025

Groot opwinding is in die lug vir môre se eindstryd van die Namibië Rugby-unie se Premierliga by die Hage Geingob-stadion in die hoofstad. Die onoorwonne titelhouers Wanderers kom te staan teen die gedetermineerde Kudus. Die program skop om half-een af met die Unam Steenbokkies wat sal kragte meet met United Gemsbokkies in die eindstryd van […]

Read More

SA rand bult spiere, so ook Namibiese dollar – en kan nog versterk - June 6, 2025

Die Suid-Afrikaanse rand het vandag in vroeë handel versterk, na data van die sentrale bank getoon het dat buitelandse reserwes verlede maand toegeneem het. Om 2-uur het die rand teen 17,76 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel, sy hoogste vlak sedert Desember 2024. Dit is ook uitstekende nuus vir Namibië, weens die Namibiese dollar se koppeling […]

Read More

Sankwasa het klagtes ingedien, sê  Teenkorrupsie-kommissie - June 6, 2025

Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa sake by hom geregistreer het. Dit kom na hy melding gemaak het van grond in ruil vir voertuie, glo by Katima Mulilo. Hy het ook gesê hy het bewyse dat by een dorpsraad, wat hy nie wou noem nie, het raadslede erwe bekom […]

Read More

Hengari bly agter tralies, beslis landdros - June 6, 2025

Oud-landbouminister Mac Hengari bly in aanhouding na ‘n aansoek in die Windhoekse laerhof dat sy arrestasie op 26 April onwettig was, van die hand gewys is. Hy is in hegtenis geneem op ‘n klag van regsverydeling. Dit kom na hy blykbaar 230 000 Namibiese dollar aan die 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig het […]

Read More

Vrouespan lei SA wynlandgoed na top-internasionale wyntrofees - June 6, 2025

‘n Wynlandgoed van Stellenbosch, Le Grand Domaine, het vandeesweek twee toptrofees by die 2025 Internasionale Wynuitdaging verower. Ten spyte van strawwe mededinging met internasionale wynreuse uit Bordeaux en Napa, het die kelder weggestap met die Internasionale en Suid-Afrikaanse 2022 Cabernet Sauvignon-trofeë. Die wynmaker, Debbie Thompson, het die toekenning ‘n trotse oomblik vir plaaslike wyn genoem. […]

Read More

Oshakati-dorpsraad lê N$350 miljoen begroting voor - June 6, 2025

Die Oshakati-dorpsraad het ‘n begroting van 350,1 miljoen Namibiese dollar vir die 2025/26 finansiële jaar voorgelê. Dit prioritiseer sleutelareas wat ooreenstem met die raad se langtermyn strategiese doelwitte, waarvan paaie een is. Agt miljoen Namibiese dollar is geoormerk vir die opgradering van paaie naby Distil, Build It en Africa Meat Supply na bitumen standaard. Om […]

Read More