
Taylor Swift gaan nuwe album uitbring - August 12, 2025
Die 14-malige Grammy-wenner, Taylor Swift, het bewonderaars verras met die nuus dat sy haar 12de ateljee-album, The Life of a Showgirl, gaan vrystel. Die 35-jarige sangeres het in April verlede jaar ʼn ateljee-album, The Tortured Poets Department, vrygestel wat die beste verkoper van die jaar was. Sy het haar Eras-toer wat rekords laat spat het, […]
All Blacks se Sititi onttrek aan toets teen Argentinië - August 12, 2025
Rugby: Nieu-Seeland se losvoorspeler, Wallace Sititi, is nie beskikbaar vir Sondag se eerste Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Argentinië in Cordoba nie. Hy herstel nog van ʼn enkelbesering wat veroorsaak het dat hy verlede maand se reeks teen Frankryk misgeloop het. Die moontlikheid bestaan nou dat Peter Lakai opgeroep kan word of dat Simon Parker sy buiging kan […]
HPV-entstof is veilig - August 12, 2025
Die gesondheidministerie se HPV-inentingsprogram is geskeduleer om Vrydag te eindig. Die inisiatief, wat op meisies tussen nege en 14 jaar gemik is, het op 4 Augustus begin. Die program bied inentings teen die menslike papillomavirus, ‘n hoofoorsaak van servikale kanker. Die inentings word in skole toegedien, maar vereis ouerlike toestemming. Gesondheidsbeamptes merk op dat waninligting […]
Lidlande stamp koppe by plastiekberaad - August 12, 2025
Gesprekke in Genève om ‘n mylpaalverdrag op te stel om die wêreldwye plaag plastiekbesoedeling aan te pak, het sy tweede week betree, met lande wat vier dae voor die sperdatum steeds koppe stamp. Plastiekbesoedeling kom so algemeen voor dat mikroplastiek op die hoogste bergpieke en in die diepste dele van die oseaan gevind is, en […]
SA-vervaardiging toon geringe verbetering - August 12, 2025
Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Junie met 2 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die styging is hoofsaaklik as gevolg van groei in voedsel-, drank- en petroleumverwante produkte. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê seisoensaangepaste verkope het van Mei tot Junie met 2 persent gestyg, met verkope vir die afgelope drie maande […]
Europa sê daar’s geen vrede as die Oekraïne nie betrokke is nie - August 12, 2025
Lede van die Europese Parlement sê geen vrede kan sonder die volle deelname van Oekraïne se demokraties verkose leierskap en die ondersteuning van sy mense bereik word nie. President Donald Trump van Amerika ontmoet Vrydag sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, om ʼn moontlike skietstilstand te bewerkstellig. Lede van die Europese Parlement sê enige ooreenkoms op […]
Dans Saterdag saam en help die kietsies - August 12, 2025
‘n Spesiale Zumba-klas, “Zumba for Purrs” vind hierdie Saterdag plaas, alles ontwerp om noodsaaklike fondse in te samel vir katte onder die sorg van die dierereddingsdiens, Triglav Trust. As jy van katte en fiksheid hou, is dit jou kans om jou pad te dans om ‘n verskil in die lewens van geredde katte te maak. […]
Ekonoom sê oor môre se repokoers - August 12, 2025
Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee sal sy rentekoersbesluit môre lewer, met die repokoers tans op 6,75 persent. Die aankondiging sal dit duidelik maak hoe die sentrale bank beplan om inflasiedruk, ekonomiese groei-eise en veranderende globale marktoestande te navigeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus ekonoom Robert McGregor gepraat.
Nasorg by Halali-brand - August 12, 2025
Die brand wat Maandagmiddag by Halali ontstaan het is onder beheer gebring. Dit het nog laataand gewoed. Daar is aantygings dat personeel verantwoordelik is omdat die brand blykbaar tussen die restaurant en die watergat uitgebreek. Een van die grootste uitdagings was dat daar is geen brandpaaie geskep is nie en die wind het teen bestrydingspogings […]
Laat vaar die ‘pomp and ceremony’ en kom by dienslewering - August 12, 2025
Reaksie word ontvang op China se wetgewers wat amptenare beveel het om minder vergaderings te hou en korter toesprake te lewer om “nuttelose formaliteite” uit te skakel. Die stroomlyning van vergaderings en die beperking van dokumente tot 5 000 woorde is in ‘n gedetailleerde regeringskennisgewing vervat. Dit kom na nuwe reëls teen buitensporige besteding en […]