
Oshikoto-goewerneur lig streeksuitdagings uit - August 6, 2025
Die Oshikoto-goewerneur Sacky Kathindi het vandag sy streeksrede gelewer. Hy het melding gemaak van verskeie infrastruktuur-projekte en suksesse in elektrifisering en sanitasie uitgelig, maar daar is ook uitdagings.
KI-kankerbehandelingsplatform nou in Bloemfontein - August 6, 2025
Die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat, is tans die eerste plek buite Amerika om ‘n Bestralingbeplanningsassistent te gebruik. Dit is ‘n webgebaseerde kunsmatige intelligensieplatform wat ontwikkel is by die Unversitiet van Texas se MD Anderson-kankersentrum. Die stelsel word gebruik vir die beplanning van radioterapiebehandeling en verbeter spoed en akkuraatheid. Die Universiteit van […]
Verdrag op pad om plastiek-besoedeling te beveg - August 6, 2025
Professor Richard Thompson van die Plymouth Universiteit sê ‘n ambisieuse verdrag om plastiek besoedeling te beveg kan ‘n reuse-verskil maak vir die planeet en toekomstige geslagte. Meer as 170 lande vergader hierdie week in Genève, Switzerland, om ‘n internasionale, regs-bindende verdrag oor plastiek besoedeling te ontwikkel, wat ook die mariene-omgewing insluit. Wêreldwyd word slegs nege-persent […]
Geslagstoetse kom vir vrouesport op 2028 Spele - August 6, 2025
Olimpiese Spele: Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy het gedink die Amerikaanse Olimpiese en Paralimpiese Komitee sou sonder sy invloed optree teen transgender atlete wat aan vrouesport deelneem. Hy het ‘n uitvoerende bevel onderteken vir die skep van ‘n taakmag in die Withuis om die federale regering se voorbereidings vir 2028 se Spele in […]
Namport gee N$78 miljoen vir maatskaplike beleggings - August 6, 2025
Namport het meer as 78 miljoen Namibiese dollar aan korporatiewe maatskaplike beleggings toegewys deur sy maatskaplike beleggingsfonds, met die fokus op onderwys, gesondheid en die omgewing. Die maatskappy ken nou 1 persent van sy jaarlikse inkomste toe aan maatskaplike projekte, wat sy 2025/26-begroting hiervoor tot 19 miljoen dollar verhoog het. Verskaffers word ook aangemoedig om […]
Ontwikkelingstrust probeer joernalis omkoop - August 6, 2025
’n Ondersoek het onthul dat die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, en die instelling se woordvoerder, Phasha Makgolane, ‘n joernalis van Daily Maverick, Pieter-Louis Myburgh, 60 000 Suid-Afrikaanse rand se omkoopgeld aangebied het om ʼn ondersoek te laat vaar. Die ondersoek gaan oor Malaka se eiendomstransaksies en haar vermeende bande met ʼn […]
Israelse leër sal politieke opdragte volg, sê minister - August 6, 2025
Die Israelse verdedigingminister, Israel Katz, sê die stafhoof van die Leër, Eyal Zamir, kan sy menings uitspreek, maar die gewapende magte moet steeds alle regeringsbesluite oor Gaza uitvoer. Katz se verklaring op X volg nadat berigte aangedui het dat Zamir gekant is teen die regering se plan om die Gazastrook ten volle te beset. Israelse […]
Fritz, Osaka deur na Kanadese Ope-halfeindes - August 6, 2025
Tennis: Die Amerikaner Taylor Fritz het ʼn halfeindstryd teen sy landgenoot, Ben Shelton, bespreek op die Kanadese Ope in Toronto. Die tweede-gekeurde het Andrey Rublev van Rusland verslaan terwyl Shelton die Australiër Alex de Minaur geklop het. Die topgekeurde Alexander Zverev van Duitsland en die Rus Karen Khachanov speel in die ander halfeindstryd. In die […]
Onderwys, landbou suip aan die agterspeen - August 6, 2025
Die regering se begroting vir materiaal en voorrade ken 17 keer meer toe aan militêre toerusting as aan onderwys. ‘n Totaal van 950 miljoen dollar is aan die weermag toegeken met net 55 miljoen dollar aan onderwys. Die weermag se toewysing is ses keer hoër as dit wat aan landbou en water toegeken is. Die […]
Cachalia moet korrupsie in SAPD aanspreek - August 6, 2025
Die Forum for South Africa het ‘n beroep gedoen op die waarnemende minister van die Polisie, Firoz Cachalia, om korrupsie binne die polisie te beveg en van politieke slagvelde af weg te bly. Die organisasie waarsku dat misdaad nie sal verminder terwyl korrupte beamptes in uniform is nie. Tebogo Mashilompane van die Forum moedig Cachalia […]