NRU-eindstryde laat die mond waterJune 6, 2025
Groot opwinding is in die lug vir môre se eindstryd van die Namibië Rugby-unie se Premierliga by die Hage Geingob-stadion in die hoofstad. Die onoorwonne titelhouers Wanderers kom te staan teen die gedetermineerde Kudus. Die program skop om half-een af met die Unam Steenbokkies wat sal kragte meet met United Gemsbokkies in die eindstryd van die NRU se vroueliga. Om 2-uur word die Reserweliga-finaal beslis tussen Unam II en Kudus II, terwyl Wanderers en Kudus se kragmeting vir kwart-voor-vier geskeduleer is.