
Zinave in Mosambiek ontvang 10 swartrenosters - June 20, 2025
Tien ernstig bedreigde swartrenosters is vandeesweek suksesvol uit Suid-Afrika in Mosambiek se Zinave Nasionale Park hervestig. Die renosters, vyf bulle en vyf koeie, is geskenk deur Ezemvelo KZN Wildlife, in samewerking met Mosambiek se Nasionale Administrasie vir Bewaringsgebiede en die Peace Parks Foundation. Antony Alexander van die stigting sê die hervestiging is om die eerste […]
Besettingsyfers daal weer in Mei - June 20, 2025
Die nuutste besettingskoers statistieke vir Mei is bekend. ‘n Daling is aangemeld teenoor April maar is ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Baie faktore speel ‘n rol in die statistieke, onder andere, ekonomiese druk op huishoudings in Europa. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Meer as N$27m se skuld opgeëis by mosiehof - June 20, 2025
Die mosiehof het vanoggend, onder leiding van regters Nate Ndauendapo en Beatrix de Jager 87 aansoeke vir verstekvonnisse aangehoor. Sewe was op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 43 aansoeke gebring. Hulle eis 19 eiendomme met uitstaande skuld van 15,3 miljoen Namibiese dollar op, sowel as 24 lenings met ‘n skuldlas van 12,4 miljoen dollar. […]
Koolstofkrediete kan ‘n wen-wen vir boere wees - June 20, 2025
Nog reaksie word ontvang op Suid-Afrikaanse boere wat goeie geld verdien deur handel in koolstofkrediete en klimaatsvriendelike praktyke. AgriCarbon is ‘n program wat volhoubare boerdery beloon en het reeds sowat 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief sal mettertyd ook in Namibië bekendgestel word […]
Desert Jewels behaal gouemedalje-wedstryd in Dubai - June 20, 2025
Die onoorwonne Debmarine Desert Jewels is deur na die gouemedalje-wedstryd van die Verenigde Arabiese Emirate Netbalbeker na hulle die VSA gemaklik met 66-30 geklop het. Die wedstryd teen die VSA was die laaste in hulle rondomtalie formaat in Dubai. Die gouemedalje-wedstryd skop om twee-uur môremiddag, Namibiese tyd af.
Handel met Statebondlede? Makliker gesê as gedaan… - June 20, 2025
Die Statebond Besigheidsforum het Woensda in die hoofstad afgeskop en duur tot vandag. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi het by die opening die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande sal lei tot ekonomiese groei, wat werkloosheid sal verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat.
Cosatu vol lof vir Openbare Beleggingskorporasie - June 20, 2025
Cosatu het die Openbare Beleggingskorporasie geprys nadat hy ‘n geskiedkundige 3 triljoen Suid-Afrikaanse rand in bates aangekondig het. Dit is teenoor 2,7 triljoen verlede jaar en 1,8 triljoen tydens Covid-19. Matthew Parks van Cosatu sê die korporasie moet voortgaan om werkers se fondse te beskerm en ekonomiese groei, werkskepping en volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika ondersteun:
Arktiese veenlande brei uit namate dit warmer word - June 20, 2025
Arktiese veenlande is besig om uit te brei na mate die klimaat warmer word. Nuwe navorsing dui aan dit is ‘n verandering wat aardverwarming in die korttermyn kan vertraag, maar sal die teenoorgestelde uitwerking veroorsaak in die toekoms. Hierdie koolstofryke reserwes wat bestaan uit gedeeltelik ontbinde organiese stowwe, bedek slegs 3 persent van die wêreld […]
Kirsty neem Maandag oor by IOK - June 20, 2025
Kirsty Coventry, wat Maandag oorneem as die president van die Internasionale Olimpiese Komitee, sê sy beskou samewerking met belanghebbendes as die belangrikste deel van haar ampstermyn. Die voormalige swemkampioen van Zimbabwe, is in Maart verkies en volg Thomas Bach van Duitsland op. Die 41-jarige is die Olimpiese Komitee se eerste vroulike president. Coventry sê dit […]
ECN is gereed vir waninligting - June 20, 2025
Teen die agtergrond van die pas afgehandelde streeks-tussenverkiesings, het die Verkiesingskommissie van Namibië nuwe strategieë om ‘n groeiende vlaag van geteikende waninligting te bestry. Dit ondermyn die integriteit van die demokratiese proses. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder.