Stad Windhoek kry N$4,35 miljoen vir sonkrag-sentrum - June 7, 2025

Die Stad Windhoek gaan ‘n Windhoek Sonkrag-sentrum vestig, in vennootskap met die stad Berlyn. Die Stad het 4,35 miljoen Namibiese dollar van Engagement Global gGmbH ontvang deur sy Nakopa Volhoubare Gemeenskapsontwikkeling deur Vennootskap-projekte program. Die sentrum sal dien as ‘n onafhanklike inligting- en kennis-spilpunt om sonenergie oor die hele stad te bevorder. Dit sal onpartydige, […]

Read More

Starlink skort onwettige dienste in SA op - June 7, 2025

Elon Musk se maatskappy, SpaceX, het begin om Starlink-dienste wat onwettig in Suid-Afrika gebruik word, op te skort. Dit volg op ‘n waarskuwing van die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika, Icasa, wat kommer uitgespreek het oor gebruikers wat skuiwergate uitbuit om toegang tot die satellietinternet te verkry. Volgens News24 is Starlink as gevolg van swart bemagtigingsreëls, […]

Read More

Dodelike maselsuitbreking tref Noord-Amerika - June 7, 2025

Met die uitbreking van masels wat steeds toeneem in die Verenigde State, is daar ook beduidende uitbrekings in die buurlande Kanada en Mexiko met noodlottige gevolge. Die owerhede in die Kanadese provinsie Ontario het aangekondig dat ‘n vroeggebore baba wat met masels gebore is, dood is. Ten minste vier mense is vanjaar in Mexiko oorlede […]

Read More

Oscar Pistorius keer terug tot sport by Ysterman - June 7, 2025

Driekamp: Die Paralimpiese medaljewenner en veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius, het teruggekeer tot mededingende sport by die Ysterman 70.3 in Durban. Hy is sedert verlede jaar op parool en is toestemming verleen om KwaZulu-Natal te besoek. Hy het aan die eerste van twee Suid-Afrikaanse byeenkomste in die wêreld se voorste halfafstand-driekampreeks deelgeneem en derde geëindig in […]

Read More

Konsepplan aangeneem vir Katima Mulilo eenstop-grenspos - June 7, 2025

Namibië en Zambië se gesamentlike bestuurskomitee vir ‘n eenstop-grenspos by Katima Mulilo het in Livingstone, Zambië, ‘n konsep-implementeringsplan en bestuursraamwerk aangeneem, met die doel om die plan binne ‘n maand te finaliseer en die projek binne 18 maande te voltooi. Die Namibië Inkomste-agentskapskommissaris Sam Shivute en Zambië se permanente handelsekretaris Lillian Bwalya, was mede-voorsitters van […]

Read More

SA verkry R72 miljoen se bek-en-klouseer entstof - June 7, 2025

Die Departement van Landbou verwag dat ‘n besending bek-en-klouseer-entstof ter waarde van 72-miljoen Suid-Afrikaanse rand teen die tweede week in Junie in die land sal wees. Die adjunk-direkteur-generaal vir Landbouproduksie, Biosekerheid en Natuurlike Hulpbronbestuur, Dipepeneneng Serage, het aan Moneyweb gesê die entstof word ingevoer van Botswana aangesien die binnelandse vervaardigingskapasiteit in Suid-Afrika beperk is. Die […]

Read More

Trump oorweeg dit om sy Tesla te verkoop - June 7, 2025

President Donald Trump sê Elon Musk het “mal geword”, en volgens ABC News is hy nie van plan om met Musk te praat nie. ‘n Ingeligte bron het intussen aan Sky News gesê die president wil sy Tesla te verkoop, ‘n verdere teken dat daar geen oplossing vir die bekgeveg in sig is nie. Die […]

Read More

Haaie durf Bulle aan met nuwe slotpaar - June 7, 2025

Rugby: Die Haaie draf vandag op die veld sonder hulle twee kragreuse, Eben Etzebeth en Jason Jenkins wat albei beseer is. Dit beteken hulle speel hulle halfeindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap op Loftus Versfeld met Corné Rahl en Emile van Heerden as slotpaar. Die kaptein van die Haaie, Siya Kolisi, sê hulle verwag ‘n taai […]

Read More

Groot Omatjete-brand buite beheer, Suide brand ook - June 7, 2025

Die brandseisoen het begin, met die eerste groot veldbrande wat in welige gras uitgebreek het. In die suide woed ‘n groot veldbrand tussen Aroab en Karasburg naby plaas Williesputs langs die M26-pad. Dit is gisteraand aangemeld en dis nie seker of dit onder bedwang gebring is nie. In die Omatjete-omgewing in die Erongo-streek brand dit […]

Read More

Kouefront bring reën, sneeu, sterk wind in SA - June 7, 2025

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ‘n kouefront met ysige toestande, reën en sneeu in dele van die land, van vandag tot Maandag. Die Wes-Kaap sal vandag eerste getref word, met sterk wind en verspreide buie. Sneeu word voorspel oor hoogliggende gebiede in die Wes- en Oos-Kaap, Lesotho en die Drakensberge. Die weerdiens waarsku temperature in […]

Read More