Niemand kan sê hoeveel vlugtelinge vanuit Angola hier is nie

Daar is uiteindelik verligting vir owerhede in die Noorde met vlugteling vanuit Angola. Meer as ‘n duisend het verlede jaar heenkome plaaslik gesoek maar die groep is gerepatrieer. Daar was groepe wat teruggekeer het en terwyl dit tans onder beheer is, sê die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala, niemand kan sê hoeveel immigrante die land onwettig binnekom nie.