Boodskappe stroom in vir Ronaldo

Boodskappe van steun stroom in vir Manchester United se Portugese superster, Cristiano Ronaldo, en sy lewensmaat, Georgina Rodriguez, na die dood van hulle pasgebore tweelingseuntjie. Die paar het op sosiale media aangekondig die baba is kort na sy geboorte dood, maar sy sussie is gesond. Ronaldo en Rodriguez het ‘n ouer dogter van vyf, en die speler het ook nog drie ander kinders. Hy het na die tragedie gisteraand se Premierliga-wedstryd teen Liverpool misgeloop. Ondersteuners van albei spanne het in die sewende minuut, Ronaldo se nommer, vir ‘n minuut in stilte gestaan ter ondersteuning van die egpaar.