Kabinet keur 2022-jagseisoen goed

Die Namibiese kabinet het die komende jagseisoen goedgekeur. Vanaf 1 Mei tot 31 Augustus 2022 op bewaringsgebiede en plase groter as 1 000 hektaar met voldoende wildwerende heinings, mag wild gejag word.  Tussen 1 Junie en 31 Julie 2022 op bewaringsgebiede en kommersiële plase groter as 1 000 hektaar en met voldoende omheining soos in die Natuurbewaring ordinansie van 1975 beskryf, mag voëls gejag word, ingevolge die korrekte kwotas en permitte soos deur die ministerie uitgereik is.