Oekraïne: VN vra Ortodokse skietstilstand

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, vra vir ‘n vier dae lange Ortodokse Paasfees humanitêre skietstilstand in die Oekraïne om voorsiening te maak vir die veilige deurgang van burgerlikes om gebiede van konflik te verlaat, sowel as die lewering van humanitêre hulp. Guterres sê die Verenigde Nasies is besig om planne aan die partye voor te lê en is gereed om humanitêre hulpkonvooie na Mariupol, Cherson, Donetsk en Luhansk te stuur vanaf Heilige Donderdag en tot Sondag, die datum van Ortodokse Paasfees, wat deur die meeste Oekraïners gevier word, sowel as Russe. Volgens hom benodig meer as 12 miljoen mense in die gebied bystand.