UK se bib nog steeds herbou – jaar na brand

Die Universiteit van Kaapstad is steeds besig om sy ikoniese biblioteek te herbou nadat ‘n brand ‘n jaar gelede groot skade aangerig het. Die brand het begin in die omgewing van die Rhodes-gedenkteken en die leeskamer en verskeie waardevolle versamelings verwoes. Die universiteit se direkteur van Biblioteke, Ujala Satgoor, sê twee rampe het die biblioteek getref, nadat ontdek is die kelder het waterskade opgedoen toe die brand geblus is. Satgoor voeg by ‘n paar projekte is aan die gang om boeke en oudio- en video-materiaal te herwin en te digitaliseer.