Tjongarero verduidelik haar standpunt oor Mwiya se pos

Die minister van sport Agnes Tjongarero eis dat die posisie van die administrateur van die Namibiese Sportkommissie geadverteer moet word, ten spyte daarvan dat die raad beslis het dat Freddy Mwiya se kontrak verleng moet word. Volgens berigte gaan die minister die aanklaer-generaal in die verband nader. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoekom sy die eise daargestel het.